PRETORIA. – ‘n Man, vermoedelik in sy dertigs, is gisteraand dood na ‘n beweerde tref en trap voorval by die Pretorius- en Paul Kruger-kruising in Pretoria-Sentraal.
ER24 berig hulle paramedici het om 20:23 op die toneel opgedaag. ‘n Man wat gedeeltelik onder ‘n geparkeerde motor gelê het, is gevind.
Beweerde tref en trap voorval word ondersoek
Paramedici het die man ondersoek en gevind dat hy reeds aan sy talle beserings beswyk het. Hy is op die toneel dood verklaar.
Volgens ER24 is die besonderhede oor hierdie voorval nog onbekend, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.
LEES OOK: 14-jarige vermis, los brief vir haar pa agter
LEES OOK: ‘Netcare 911-vrou wou nie hond langs pad aflaai nie’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



