Jong vrou met mes gesteek, met petrol aan die brand gesteek

Deel hierdie storie / Share this story

POTCHEFSTROOM. – Geregtigheid het hier in die hooggeregshof geskied drie jaar nadat ‘n jong vrou verskeie kere gesteek, petrol oor gegooi en aan die brand gesteek is.

Die provinsiale kommissaris van Noordwes, lt.genl. Sello Kwena, verwelkom die vonnis wat deur die Noordwes-hooggeregshof op Mahikeng aan ‘n 21-jarige Karabo Bahurutshe oogelê is.

Die voorval het Sondagoggend 1 Desember 2019 in die vroeë oggendure plaasgevind op die dorpie Ramosadi, buite Mahikeng.

“Bahurutshe se skuldigbevinding volg nadat intensiewe ondersoek gedoen is na ‘n voorval waarin die slagoffer, Gomolemo Legae, toe 18 jaar oud, verskeie kere met ‘n mes gesteek is. Daarna is petrol oor haar gegooi en sy aan die brand gesteek,” sê kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder.

Jong vrou aan brand gesteek en agtergelaat

Daar is berig Legae was op daardie dag op pad huis toe, toe ‘n lid van die gemeenskap haar hoor skree het. Alhoewel sy ernstig beseer was, kon sy die lede van die gemeenskap inlig wie die verdagte was. Legae, wat derdegraadse brandwonde opgedoen het, het later aan haar beserings beswyk.

Die verdagte is op 2 Desember 2019 deur sy broer aan die polisie oorhandig. Daarna is hy aangehou en van verkragting en moord aangekla. Bahurutshe was in aanhouding tot sy vonnisoplegging nadat die polisie sy borgtog suksesvol teëgestaan ​​het.

Bahurutshe is tot 10 jaar vir verkragting en lewenslank vir moord gevonnis.

LEES OOK: 14-jarige vermis, los brief vir haar pa agter

LEES OOK: ‘Netcare 911-vrou wou nie hond langs pad aflaai nie’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.