Oom verkrag glo sy niggie

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – ’n Oom (49) is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van sy 13-jarige niggie.

Kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, sê die meisie was op 7 Oktober 2021 saam met haar oom op pad huis toe van die winkel af, toe hy haar glo in die bosse ingesleep en verkrag het.

Die verdagte is daarna in hegtenis geneem en sal Maandag 11 Oktober 2021 in die Lusikisiki-landdroshof verskyn.

LEES OOK: Vermeende rower by Spar doodgeskiet