14-jarige vermis, los brief vir haar pa agter

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA. – Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in Kariega soek die gemeenskap se hulp om ‘n 14-jarige meisie wat Vrydagoggend uit ‘n huis in Lower Drostdystraat in Kariega vermis geraak het, op te spoor.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê volgens die polisie se inligting het Rochelle Prins en haar 16-jarige suster die skoolvakansie saam met hul ma in Kariega deurgebring. Hulle is op 3 Oktober 2021 deur hul pa daar afgelaai.

14-jarige sedert Vrydagoggend vermis

“Die tieners woon oorspronklik by hul pa in Gqeberha. Op 7 Oktober 2021 het die gesin die aand gaan slaap. Vrydagoggend het die ma agtergekom dat Rochelle weg is. Haar sak met klere was ook vermis. Sy het ‘n brief vir haar pa agtergelaat.”

Dit is nie bekend wat sy aangehad het toe sy die huis verlaat het nie.

Enigiemand wat die polisie kan help om Prins op te spoor, word versoek om Patrick Ndoni by 072 732 4847 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel. Alle inligting is vertroulik en mense kan anoniem bly.

LEES OOK: ‘Netcare 911-vrou wou nie hond langs pad aflaai nie’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.