Brand 20 km buite Kimberley, hulp dringend benodig

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Daar woed tans ‘n brand 20 km buite Kimberley op die Barkley- en Windsortonpad.

Die brand het begin by Rocklands. Neem die afdraai vir Rocklands en Doornhoek. Die brand het vroeër vanaand reeds oor die pad gespring by die Spitskoppad, rigting na Windsorton.

Mense wat tans by die brand is, sê hulp word dringend benodig en daar is tans baie min wat help. Die brand versprei ook baie vinnig.

Indien jy kan help by die brand buite Kimberley, skakel een van die twee onderstaande nommers:

Johan Snyman
0822238884

Boats
083 283 6293

https://goo.gl/maps/DtuKFGRNWEDzCpNk9

LEES OOK: 14-jarige vermis, los brief vir haar pa agter

LEES OOK: ‘Netcare 911-vrou wou nie hond langs pad aflaai nie’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.