December 3, 2021

Geen teken van 9-jarige wat by Diaz-strand verdwyn

“Na verneem word, het die 9-jarige plaaslike kind omstreeks 09:30 by Diaz-strand onder die wateroppervlak verdwyn.”

Geen teken van 9-jarige wat by Diaz-strand verdwyn

Geen teken van 9-jarige wat by Diaz-strand verdwyn Foto: NSRI Facebook

WES-KAAP. – Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Woensdagmidddag om 11:03 na Mosselbaai ontbied na ‘n berig oor ‘n verdrinking by die Diaz-strand, toe hulle nóg ‘n oproep oor ‘n 9-jarige wat onder die water verdwyn het, ontvang het.

Andre Fraser, NSRI se Mosselbaai-woordvoerder, het gesê daar was berigte dat twee kinders wat branderplank ry, besig was om te verdrink.

“Met aankoms op die toneel het ons gevind dat ‘n 11-jarige seun veilig uit die water was en nie beseer was nie, terwyl ‘n 12-jarige steeds in die water was. ‘n Plaaslike branderplankryer was besig om hom te help deur die seun op sy branderplank te laat dryf.

‘n NSRI-swemmer het toe dié kind ook na die strand gebring.

Dit is toe hulle ‘n oproep ontvang oor ‘n 9-jarige wat by Diaz-strand onder die water verdwyn het.

“Na verneem word, het die 9-jarige plaaslike kind omstreeks 09:30 by Diaz-strand onder die wateroppervlak verdwyn.”

‘n Private vliegtuig het gehelp soek na die kind, sonder enige sukses. ‘n Polisieduikeenheid sal voortgaan met ‘n deurlopende soektog. Die polisie het ‘n ondersoek begin.

LEES OOK: Vrou in uniform wou glo ‘hond langs pad los’

LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *