Man in hof oor plofstof

Deel hierdie storie / Share this story

MMBATHO. – ‘n Man (35) het Woensdag in die landdroshof op Mmabatho verskyn na hy glo in die besit van plofstof gevind is.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê die saak is tot 13 Oktober uitgestel.

“Die verdagte het in die hof verskyn na hy omstreeks 13:40 in Magogwe Village in hegtenis geneem is. Dit het gevolg na die polisie inligting ontvang het oor iemand wat vermoedelik in die besit van plofstof is.”

Volgens Tselanyane het die polisie sy huis deursoek en met die hulp van ‘n polisiehond vier 500g-sakke met elektriese ontstekers en Explogel gevind. Hy is dadelik in hegtenis geneem.