Verdagte vas oor koperkabels

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Die polisie in die Oos-Kaap het gister ‘n 34-jarige verdagte in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere en beskadiging van essensiële infrastruktuur.

Kapt. Yolisa Mgolodela, polisiewoordvoerder, sê om ongeveer 03:00 het die polisie inligting ontvang oor ‘n Toyota Hilux op pad na Queenstown, wat vol koperkabels gelaai was.

Die span het vinnig reageer en die voertuig is naby Queenstown se Total-vulstasie deursoek.

Volgens Mgolodela is 19 rolle koperkabels met ‘n straatwaarde van R600 000 op die voertuig gevind. Die polisie het ook ‘n Toyota-voertuig en twee selfone tydens die inhegtenisname gekonfiskeer.