December 3, 2021

Chinese man se liggaam in veld gevind

Hy het kopbeserings gehad en op sy rug gelê.

Chinese man se liggaam in veld gevind

Chinese man se liggaam in veld gevind Foto: Florida National University

KAAPSTAD. – Die polisie in Parkweg vra die gemeenskap se hulp om die familie van ‘n oorlede Chinese man, wie se liggaam in ‘n veld gevind is, op te spoor.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, is die liggaam van die oorledene vroeg gisteroggend net voor 08:00 in ‘n oop veld naby N1-suid op die Colesburg-pad deur ‘n verbyganger gevind. Hy het toe die polisie na die toneel ontbied. Die oorledene is ‘n man tussen 40 en 50 jaar oud en het kort, grys hare.

Chinese man se liggaam met kopbeserings gevind

“Hy het kopbeserings gehad en op sy rug gelê. Toe hy gevind is, het die oorledene lang donkerblou jeans, ‘n swart T-hemp met ‘n Dunhill-embleem voor en swart skoene gedra. Dit is tans onbekend wat tot sy moord gelei het.”

Daar was bloedspore op die gras, daarom is dit ‘n moontlikheid dat die liggaam daar neergegooi is. Die identiteit van die oorledene is nog onbekend en nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagte(s) kan lei, word versoek om kol. Ben Bolsiek by 082 466 8530 of Malefetsane Ramolula by 082 525 2603 te skakel.

LEES OOK: Vrou in uniform wou glo ‘hond langs pad los’

LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *