OOS-KAAP. – Die 43-jarige vrou van die wreedaardig vermoorde ondersoekbeampte Kolile Kulu sal vandag saam met haar mede-beskuldigdes in die Butterworth-landdroshof verskyn.
Kapt. Yolisa Mgolodela, polisiewoordvoerder, sê sy is op 6 Oktober 2021 in hegtenis geneem weens bewerings dat sy haar man vermoor het.
Vrou van vermoorde ondersoekbeampte verskyn vandag
“Daar word beweer dat ondersoekbeampte Kulu op 30 Augustus 2021 om 22:00, terwyl hy by sy huis geslaap het, deur drie onbekende mans vermoor is wat na bewering ook sy vuurwapen geneem het. Al drie vermeende huurmoordenaars en twee ander verdagtes was na bewering by die moord betrokke.
Die ondersoekbemapte se vrou word aangekla van moord en word in een van die polisiestasies in Oos-Londen aangehou. Al die verdagtes sal in die Butterworth-landdroshof verskyn.
LEES OOK: Ondersoekbeampte in sy slaap doodgeskiet
LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



