OOS-KAAP. – Die Valke het vyf verdagtes tussen die ouderdom 34 en 49 jaar in hegtenis geneem nadat ‘n ondersoekbeampte in sy bed doodgeskiet is.
Volgens kapt. Yolisa Mgolodela, polisiewoordvoerder, was die ondersoekbeampte Kolile Kulu op 30 Augustus 2021 omstreeks 22:00 by sy huis aan die slaap toe drie onbekende mans by sy voordeur verskyn en toegang geëis het. Na verneem word, het die vrou die deur oopgemaak en die mans het gevra waar die man was.
Nog inhegtenisnemings volg na ondersoekbeampte doodgeskiet is
Die mans het na die slaapkamer gegaan waar hulle Kulu, wat besig was om te slaap, glo doodgeskiet het. Die saak is onmiddellik deur die Valke in Oos-Londen oorgeneem vir ondersoek.
Tydens die inhegtenisneming is ook na bewering op ‘n vuurwapen wat vermoedelik die moordwapen was, beslag gelê. Nog twee arrestasies is op hande.
LEES OOK: Boer steeds agter tralies, familie lewe in vrees
LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



