Pa en seun doodgeskiet gevind , gesinsgeweld vermoed

Deel hierdie storie / Share this story

NELSPRUIT – ‘n Seun (21) is na bewering deur sy pa (48) tydens beweerde gesinsverwante geweld doodgeskiet, waarna die pa homself geskiet het.

“Die voorval het op Saterdag 2 Oktober 2021 omstreeks 10:00 op Standerton plaasgevind. Die pa het ‘n skietwond aan sy lyf gehad, asook het ‘n vuurwapen langs hom gelê,” sê brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder.

Volgens inligting is lede van die polisie op Standerton saam met die mediese personeel ingelig oor die voorval en met hul aankoms is die jong man sowel as die pa op die toneel dood verklaar.

‘n Saak van moord is geopen terwyl ‘n geregtelike doodsondersoek deur die polisielede van Standerton gedoen word. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die vader na bewering homself geskiet het nadat hy die seun doodgeskiet het.

Die provinsiale kommissaris van die polisie in Mpumalanga, lt.genl. Semakaleng Manamela, het die voorval ten sterkste veroordeel. Hy doen ook ‘n oproep op die publiek om professionele hulp te soek wanneer hulle lewensuitdagings ondervind.

LEES OOK: Vrou in uniform wou glo ‘hond langs pad los’

LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.