December 3, 2021

Glencoe-boer se saak uitgestel

Glenchoe-boer se saak uitgestel

Glenchoe-boer se saak uitgestel

KWAZULU-NATAL. – ‘n Boer van Glencoe, Garth Millen Simpson (68), wat verlede week in hegtenis geneem is na ‘n voorval op sy plaas, wat daartoe gelei het dat ‘n 17-jarige doodgeskiet is, se saak is tot 14 Oktober 2021 uitgestel.

Die video, van net meer as een minuut wat die voorval vasgevang het, begin waar ‘n groep jongmense ‘n boer by sy koeie benader. Dit speel na bewering af op die plaas Uithoek, buite Glenchoe. Dit lyk asof daar eers ‘n woordewisseling tussen die groep en die boer ontstaan waarna ‘n bakleiery uitbreek. ‘n Skoot word dan gehoor.

Video wys voorval waarin Glencoe-boer betrokke is

Tydens die bakleiery wil dit voorkom asof hulle na die boer se vuurwapen, wat hy sedert die begin van die video vashou, gryp. In die video kan ‘n tweede skoot wat afgaan gehoor word. Een van die groeplede val dan op die grond neer.

LEES OOK: SKERMGREPE: 17-jarige deur boer doodgeskiet

LEES OOK: Video waarin boer glo 17-jarige doodgeskiet, versprei soos veldbrand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *