DURBAN. – Die polisie in Bergville doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help met die soektog na die vierjarige Asimdumise Phungwayo wat verdwyn het.
Vierjarige verdwyn by huis
“Daar word beweer dat die kleuter op 3 Oktober 2021 uit sy huis aan die oewer van die Woodstock-dam verdwyn het. Asimdumise is lig van kleur en het kort hare,” sê Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder.
Enigiemand met inligting oor waar hy is, word versoek om lt.kol. Ramlagan by 082 418 1601/036 448 9421 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.
LEES OOK: Baba Lirie maand na geboorte onverklaarbaar verlam
LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



