Man gesoek na drie ontvoer, geskiet, in vlak graf begrawe is

Deel hierdie storie / Share this story

POTCHEFSTROOM- ‘n Man (38), Kishan Kistaven Laskad Pillay, word deur die polisie gesoek na voorvalle van ontvoering en moordsake wat tussen 22 en 23 April 2021 in Sandfontein, Brits, aangemeld is.

Volgens kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, word daar beweer dat drie individue (twee vrouens en een man) gedurende die nag van 22 April 2021 uit Elandspoort, Pretoria ontvoer is. Die volgende dag 23 April 2021 is die drie slagoffers na bewering geskiet en in ‘n vlak graf by Sandfontein, Brits begrawe. Die lyke is op Vrydag 30 April 2021 ontdek.

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help, word versoek om die ondersoekbeampte, kapt. Bushy Moses Mmatli, by 082 557 0671 /079 222 8954 te kontak.

LEES OOK: SKERMGREPE: 17-jarige deur boer doodgeskiet

LEES OOK:Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.