OOS-KAAP. – ‘n Seun (11) het na bewering per ongeluk sy nefie (7) in die kop geskiet nadat hulle ‘n vuurwapen ontdek het.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê drie neefs (almal minderjarig) het op 3 Oktober omstreeks 10:40 saam by hul huis in Siqikini gespeel toe hulle ‘n vuurwapen onder die bed gevind het.
“Terwyl een van die kinders (11) met die vuurwapen (9 mm-pistool) gepeuter het, het ‘n skoot Kwanele Zide (7) nootlottig in sy kop gewond.”
Daar word verder beweer dat die vuurwapen aan sy oupa (49) behoort het. Die oupa is in hegtenis geneem en aangehou op aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Hy sal binnekort in die Libode-landdroshof verskyn.
Oupa in hegtenis na seun glo nefie skiet
‘n Saak van moord is geopen. Die 11-jarige minderjarige is nie in hegtenis geneem nie. Die eienaarskap van die vuurwapen moet nog vasgestel word.
Genl.maj. Zithulele Moses Dladla het die nalatigheid ten sterkste veroordeel.
“Dit is meer hartseer as gesinne oor die dood van kinders moet treur deur ongelukkige voorvalle soos hierdie as gevolg van ‘n vuurwapen en dikwels ‘n onwettige vuurwapen wat ‘n gesin se lewe vir ewig verander. Ek doen ‘n beroep op gemeenskappe om die polisie by te staan om die verspreiding van onwettige vuurwapens te bekamp. Deur dit te doen, beskerm ons ons kinders en gemeenskappe.”
LEES OOK: SKERMGREPE: 17-jarige deur boer doodgeskiet
LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



