Geen borg vir man wat ‘familie bymekaar roep, doodskiet’

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ‘n Verdagte het na bewering familielede se huis binnegedring en die gesin bymekaar geroep waarna hy hulle al ses doodgeskiet het.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê die voorval het op Saterdag 20 Februarie 2021 omstreeks 23:00 gebeur. Sthembiso Nkosinathi Mthimkhulu (36) het by die huis van sy familielede in Nkanini by Eshowe aangekom en alle lede van die gesin bymekaar geroep. Dit het gebeur nadat hy glo die deur oopgedwing het met ‘n byl wat later in die huis gevind is.

Man wat familie glo doodskiet, verskyn dan weer

“Die verdagte was na bewering gewapen met ‘n pistool waarmee hy ses lede van die gesin tussen agt en 70 jaar doodgeskiet het. Die verdagte het ná die voorval van die toneel gevlug.”

Speurders het die verdagte ‘n dag daarna by Greytown opgespoor. Mthimkhulu het verskeie kere in die hof verskyn. Borgtog is geweier en die beskuldigde bly in aanhouding. Die dossier word deur die Provinsiale Georganiseerde Misdaad-eenheid ondersoek.

Die saak word van 4 tot 8 Oktober 2021 in die hooggeregshof op Mtunzini verhoor.

LEES OOK: Bekende Kimberley-veearts maak hart oop na brande

LEES OOK: DBV help sedert vroegoggend beseerde diere na brand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.