NOORD-KAAP. – Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsvereniging (NRDBV) het in ‘n verklaring bevestig inspekteurs is sedert 02:00 vanoggend besig om beseerde diere na die brande naby Kimberley, te help.
“Baie dierelewens is reeds geëis omdat dit in geslote gebiede gehou word en vasgevang raak te midde van die brande en nie kan ontsnap nie. Ons inspekteurs sien wat die brande aan diere doen. Hulle vind diere wat nog lewe, maar wat ontsaglike pyn as gevolg van ernstige brandwonde en beserings ly,” lui die verklaring.
Diere beseer na brande sedert naweek woed
Die NDBV, saam met die Kimberley- en Bloemfontein-DBV, doen alles wat hulle tans kan vir die diere en staan gereed om hulp te verleen wanneer hulp benodig word.
“Die NDBV doen ook ‘n beroep op almal wat moontlik kan help met lugvervoer waar die brande reeds geblus is0. Dit sal ons spanne baie help, aangesien dit die soektog na beseerde en gewonde diere sal bespoedig en baie vinniger sal help. Stuur ‘n e-pos aan [email protected].”
Skenking kan ook gemaak word.
LEES OOK: NK-brande: sover meer as 43 000 hektaar grond vernietig
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



