KIMBERLEY. – Inligting of beeldmateriaal van ’n bestuurder met ‘n grys Nissan Navara-bakkie wat gister van ’n ongelukstoneel gevlug het, word gesoek.
Diana Fouché se seun was gistermiddag omstreeks 15:00 – 15:30 in ’n motorfietsongeluk met die bakkie betrokke. Die insident het by die Oliver-Carrington-kruising plaasgevind.
Volgens ooggetuies het die bakkie van die toneel af weggejaag.
Diana is nou op soek na enigiemand wat met beeldmateriaal van die ongeluk of die registrasienommer van die bakkie vorendag kan kom.
Indien enigiemand beeldmateriaal vanaf die Engen-garage tot by die hoek van Carrington/Oliverstraat kan verskaf, kan hulle Diana by 074 616 6829 kontak.
Die bakkie het glo na die ongeluk in Carringtonstraat afgejaag, so indien iemand in Carrington beeldmateriaal het, kan hulle ook vir Diana by die bogenoemde nommer kontak.
Dit is n donkergrys Nissan Navara met swart “mags”. Die bestuurder was glo ‘n man tussen die ouderdom van 35-45.
Enigiemand se hulp sal waardeer word.
LEES OOK: Die burgerlike samelewing is die ware helde in NK-brandbestrydingspogings



