KIMBERLEY. – Sherike van der Merwe, ‘n bekende veearts in Kimberley, het besluit om haar dienste beskikbaar te stel om diere te help wat die afgelope tyd in brande rondom Kimberley beseer is.
‘n Besige en passievolle Sherike vertel so tussen alles deur aan FiND iT dat sy gisteraand reeds al beseerde diere begin help het. Volgens haar het sy al skenkings ontvang om boere gratis by te staan, maar “met al die beseerde diere hardloop mens vinnig uit voorraad uit”.
“Ek het besluit om my dienste gratis aan te bied waar ek kan. Die area wat geraak is, strek ver en ek ry op my eie onkostes na die boere. Die gevalle wat ek teëkom na die brande wissel. Party diere kort antibiotika en in uiterste gevalle moet genadedood toegepas word.”
Party diere wat ernstig beseer is en verskeie vorme van behandeling en antibiotika nodig het, kan moontlik ‘n ekstra fooi voor gevra word.
Volgens Sherike is daar veral baie wild wat doodgebrand het of wat so beseer is dat genadedood toegepas moes word.
Indien jou diere deur die brand geraak is en Sherike se hulp benodig, skakel haar by 073 391 6559.
LEES OOK: DBV help sedert vroegoggend beseerde diere na brand
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



