Nico Bekker-koshuis gevandaliseer: moet dié wat probleem ignoreer aangekla word?

Deel hierdie storie / Share this story

Die Nico Bekker-koshuis op Williston, wat drie jaar gelede gesluit is, is oor dié tydperk afgebreek en gevandaliseer. Die Demokratiese Alliansie (DA) het tot die gevolgtrekking gekom dat die provinsiale regering as ‘n medepligtige moet aangekla word oor die vernietiging.

Volgens Johan van der Colff, raadslid, het diewe stuk vir stuk elke moontlike deel van die gebou weggedra, van muurproppe en waterpype, tot deure, wasbakke en afdakke. “Niks behalwe ‘n leë dop het oorgebly nie.”

Die party voel verskeie departemente en selfs die Karoo-Hoogland-munisipaliteit het die feit dat die gebou gevandaliseer word geïgnoreer. VanDer Colff sê die staat het sy skouers opgetrek en nie eers ingegryp nadat die polisie gevra het die departement moet klagtes indien nie.

Niks oor van Nico Bekker-koshuis

“Die gebroke koshuis is een van vele soortgelyke voorbeelde van verwaarlosing deur die ANC in die Noord-Kaap. Ongelukkig is dit die soort verval waaraan ons onder die ANC-regerings gewoond geraak het.”

Die DA het verder sy planne gedeel oor wat die party met die leë dop sou maak indien hulle in dié area regeer het. Volgens die party sou hulle die eiendom omskep in ‘n ouetehuis of ‘n dienssentrum of enigiets anders wat waarde kan toevoeg tot die lewens van die inwoners van Williston.

“Die ondergang van die koshuisgebou is ‘n ontsaglike vermorsing van staatshulpbronne. Die ANC-regering staan terug en laat toe dat slegte dinge gebeur.”

LEES OOK: Boervrou red man se lewe, slaan verdagte glo met sy eie knopkierie

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.