VRYSTAAT. – ‘n Boervrou wat nou deur Suid-Afrikaners as ‘n heldin gesien word nadat sy haar man se lewe tydens ‘n plaasaanval gered het, gaan voorlopig nie vervolg word nie.
Maandagaand om 18:30 het die egpaar na hulle plaas Weltevreden, in die Sasolburg-omgewing teruggekeer en een van hul honde dood en nog een in sy hok gevind. Die vrou het gaan ondersoek instel wat met die honde gebeur het toe sy haar man hoor skree.
‘n Verdagte, wat glo op die plaas woon, was besig om haar man na bewering met ‘n knopkierie aan te val. Volgens Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het die aanvaller sy knopkerrie laat val en die boervrou het dit opgetel.
Dit is toe dat sy glo die aanvaller begin slaan in ‘n poging om hom van haar af te kry en haar man se lewe te red.
“Die aanvaller is met die polisie se aankoms as dood verklaar.”
Die polisieverklaring sê wel ‘n saak van moord en poging tot moord word ondersoek.
LEES OOK: Bekende Kimberley-veearts maak hart oop na brande
LEES OOK: DBV help sedert vroegoggend beseerde diere na brand
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



