Vermeende dronkbestuurder ry glo drie mense raak

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Drie voetgangers is die naweek deur ‘n vermeende dronkbestuurder in Waterloo raakgery.

Lede van Reaction Unit South Africa (RUSA) is die nawerk ontbied na die hoek van die M27 en Aloestraat waar drie voetgangers deur ‘n vermeende dronkbestuurder omgery is. Motoriste wat verby die toneel gery het, het die reaksiebeamptes in kennis gestel van die voorval.

Vermeende dronkbestuurder ry in groep mense in

Daar word berig met hulle aankoms is vasgestel dat die bestuurder van ‘n wit Datsun Go glo drie voetgangers raakgery het. Twee van die beseerdes het in ‘n bos langs die pad beland.

Volgens Arrive Alive was die bestuurder van die voertuig vermoedelik onder die invloed van drank. Die beseerdes is deur paramedici behandel.

LEES OOK: KYK: ‘Ek het haar klaar vergewe,’ sê dokter na sy vrou glo kinders vermoor

LEES OOK: Bejaarde wat oggend in tuin werk, aangeval en vasgebind

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.