Moordverdagte op Humansdorp gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Die polisie ondersoek die moord van Enoch Adoons (54) van Kwanomzamo, Humansdorp, nadat hy op Vrydag, 24 September omstreeks 20:55 aan kopbeserings beswyk het.

‘n Anonieme persoon het paramedici op Humansdorp gebel en hulle in kennis gestel van ‘n beseerde persoon wat by die gholfbaan gelê het. Adoons is op die gholfbaan op die grond gevind waar hy aan verskeie kopbeserings beswyk het.

‘n Saak van moord word ondersoek. In hierdie stadium is niemand in hegtenis geneem nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

Die Humansdorp-polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat hulle in die ondersoek kan help om speursersant TM Sana by 073 814 148 of Crime Stop 08600 10111 te skakel.

LEES OOK: KYK: ‘Ek het haar klaar vergewe,’ sê dokter na sy vrou glo kinders vermoor

LEES OOK: Bejaarde wat oggend in tuin werk, aangeval en vasgebind

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.