GQEBERHA. – Die polisie soek die gemeenskap se hulp om die ma van ’n pasgebore baba wie se liggaam gistermiddag op Brighton Beach uitgespoel het, op te spoor.
Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het mense omstreeks 13:30 ’n kleurvolle kombers op die strand opgemerk. Met verdere ondersoek is ontdek dat ’n pasgebore babaseuntjie met die kombers op die strand uitgespoel het.
Mense vind baba wat op strand uitspoel
“Die ras van die baba kan nie bepaal word nie, maar die kind is baie lig. ’n Swart vullissak met meer komberse en plasenta het ook saam met die baba uitgespoel,” sê Naudi.
’n Geregtelike doodsondersoek word ondersoek na die liggaam van die baba uitgespoel het.
Enigiemand wat kan help om die ma van die baba op te spoor, of dalk weet van iemand wat moontlik onlangs swanger was en nie meer ’n kind het nie, kan die Mount Road-speurders by 041 3946523/6316 of Crime Stop 08600 10111 kontak.
LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof
LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



