September 16, 2021

Vrou verloor arm na voorval op plaas

Nadat sy behandel is, is sy na Mediclinic Tzaneen vir dringende sorg vervoer.

Vrou verloor arm na voorval op plaas

Vrou verloor arm na voorval op plaas Foto: Truck and Freight

LIMPOPO. – ‘n Vrou (40) is in ‘n kritieke toestand nadat sy haar arm op ‘n plaas in ‘n masjien wat deur ‘n trekker gesleep is verloor het.

Die plaas is in Letsitele. ER24 het om 10:15 op Dinsdagmiddag op die toneel opgedaag. Paramedici het ‘n vrou naby die trekker en boerderytoerusting gesien lê.

Vrou na hospitaal geneem na sy arm verloor

Daar is gevind die vrou se linkerarm is geamputeer. Sy het ook ernstige beserings aan haar bekken en been opgedoen. Die vrou is behandel en het verskeie gevorderde lewensondersteuningsintervensies ontvang. Nadat sy behandel is, is sy na Mediclinic Tzaneen vir dringende sorg vervoer.

ER24 berig die besonderhede wat gelei het tot die voorval is onbekend.

LEES OOK: Pitbull boet met sy lewe toe aanvallers op huis toeslaan

LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *