September 24, 2021

Pitbull boet met sy lewe toe aanvallers op huis toeslaan

“Molly het baie dapper geveg en die aanvallers het vinnig besef dat hulle nie die stryd gaan wen nie en besluit om te vlug.”

Pitbull gee haar lewe prys toe aanvallers op huis toeslaan

Pitbull gee haar lewe prys toe aanvallers op huis toeslaan Foto: Animal Welfare Society of SA

KAAPSTAD. – Molly, ‘n pitbull-teef, het vinnig besef haar eienaars is in gevaar en het nie twee keer gedink om haar eie lewe op die spel te plaas om dié van haar eienaars te red nie.

Animal Welfare Society of South Africa gee alle eer aan Molly nadat sy haar eie lewe opgeoffer het deur die Van Wyk-gesin se lewens te red. Sy het dadelik ingespring toe vermeende gewapende aanvallers die gesin in hulle huis wou aanval.

‘n Inskrywing op die organisasie se Facebook-blad lui dat Molly verskeie kere tydens die voorval gesteek en aangerand is.

Pitbull gaan dood na sy te bloed verloor

“Molly het baie dapper geveg en die aanvallers het vinnig besef dat hulle nie die stryd gaan wen nie en besluit om te vlug.”

Die toneel word as ‘n “moordtoneel” beskryf as gevolg van die hoeveelheid bloed wat Molly verloor het soos wat sy , ondanks haar beserings terugbaklei het. Molly is dood as gevolg van bloedverlies.

“Enigiemand wat al ooit ‘n pitbull besit het, wat ‘n deel van die gesin was, sal getuig dat dié honde, ongeag die grootte of aard van die bedreiging, hul lewens sal aflê ter verdediging van diegene wat hulle koester.”

LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak

LEES OOK: Meisie met 11 skietwonde oorleef deur ‘dood te speel’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *