OOS-KAAP. – Die polisie op Butterworth wat op soek was na die familie van ‘n ongeïdentifiseerde seun wat op 12 September by Ndabakazi Junction op Butterworth gevind is, se familie is opgespoor.
Ongeïdentifiseerde seun praat of skryf nie
Volgens kapt. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, is die seun, wat na raming 11 jaar oud is, gevind deur gemeenskapslede wat hom na die polisiestasie geneem het. Die polisie het probeer om sy naam uit te vind, maar hy praat nie en skryf nie sy naam nie.
“Sy familielede is opgespoor en hy is na hulle geneem.”
LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak
LEES OOK: Meisie met 11 skietwonde oorleef deur ‘dood te speel’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



