September 23, 2021

Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak

Ma sê in die hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak

Ma sê in die hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak Foto: wfmj.com

NIEU-SEELAND. – ‘n Vrou, Cherylene May Lawrence (49), het skuld beken op ‘n aanklag van moord op haar 28-jarige dogter wat sedert sy jonk was met ‘n terminale siekte gediagnoseer is.

Daar is vroeër vanjaar per ambulans met Chevana Marie Fox na ‘n hospitaal gejaag nadat sy na bewering ‘n slagoffer van geweld was. Sy is ‘n maand later oorlede.

Terminale siekte as tiener by dogter gediagnoseer

Chevana is as tiener met Huntington-siekte gediagnoseer. Dit is progressiewe degenerasie van senuweeselle in die brein. Dit kan bewegings en psigiatriese probleme veroorsaak. Chevana het later gesukkel om te praat, was nie in staat om te lees nie en het hulp nodig gehad met meeste van haar dagtake. Ook was sy van ‘n rolstoel afhanklik.

Chevana was geneig om te begin huil en het “uitbarstings” teenoor haar ma en versorgers gehad. Sy was etlike jare in die Hastings-sorgfasiliteit, maar is einde verlede jaar in die sorg van haar ma, wat deur versorgers bygestaan ​​sou word, geplaas.

“Ek gaan Chevana nog doodmaak. Ek het genoeg gehad,” is die boodskap wat die ma ‘n paar dae voor die voorval glo aan haar eie ma gestuur het. Cherylene het die aand voor die voorval ‘n brief aan haar familie gestuur en daarna glo haar dogter verwurg.

Ma op borg vrygelaat

“Ek het het uitgefreak en haar verwurg. Ek het my dogter verwurg. Sy is dood … Die probleem is, ek, ek het dit doelbewus gedoen,” is die oproep wat sy glo na die voorval aan nooddienste gemaak het.

Sy het die opdrag ontvang om resussitasie toe te pas tot wanneer die ambulans haar dogter sou gaan haal.

Cherylene Word is van moord aangekla en moet na verwagting weer in November in die hof verskyn.

LEES OOK: Pastoor vas na ‘medisyne’ glo drie se dood veroorsaak

LEES OOK: Meisie met 11 skietwonde oorleef deur ‘dood te speel’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *