September 28, 2021

Meisie met 11 skietwonde oorleef deur ‘dood te speel’

By tye raak sy baie hartseer omdat sy nie kan verstaan hoekom alles gebeur het nie.

Meisie met 11 skietwonde oorleef deur "dood te speel"

Meisie met 11 skietwonde oorleef deur "dood te speel" Foto: The Mirror

FLORIDA. – ‘n Meisie (11) wat 11 keer geskiet is deur ‘n man wat by haar familie se huis ingebreek het, het oorleef deur still te lê en dood te speel terwyl die man haar hele familie uitgewis het.

Die meisie vertel aan ander familielede sy het net “dood gespeel en gebid”. Sy is nou in ‘n stabiele toestand in die hospitaal nadat sy ook geskiet is. ‘n GoFundMe-bladsy is opgestel om geld in te samel vir haar en die begrafnisse van die familielede wat dood is tydens die aanval.

Meisie oorleef aanval en is stabiel

Volgens Mirror is meeste van die skietwonde aan haar onderlyf. Sy het ook ‘n gebreekte been. Sy is elke dag vir langer periodes wakker en is tans stabiel. By tye raak sy baie hartseer omdat sy nie kan verstaan hoekom alles gebeur het nie.

Bryan Riley (33), die beweerde aanvaller en eks-marinier, was nie bekend aan die familie nie. Hy word nou aangehou op vier aanklagte van moord.

LEES OOK: Bybel en mes op vermoorde vrou se liggaam gevind

LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *