September 23, 2021

Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Plaaslike owerhede het dit destyds verpligtend gemaak dat enigiemand wat uit ander provinsies na Ca Mau reis, hulself onmiddellik vir 21 dae moes afsonder.

Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterfFoto: BBC

VIëTNAM. – ‘n Man wat nie die voorsorgmaatreëls vir die bekamping van die pandemie gehoorsaam het nie en die Covid-19-virus na agt mense versprei het, is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.

‘n Plaaslike hof het Le Van Tri (28) skuldig bevind aan die oordra van ‘n gevaarlike, aansteeklike siekte aan agt mense, waarvan een dood is.

Een dood na virus versprei is

Begin Julie het Tri (28) per motorfiets van Ho Chi Minh na sy tuisprovinsie Ca Mau in die suide van die land gereis. By Ca Mau het Tri gejok op ‘n gesondheidsverklaringsvorm waarin hy oor sy onlangse reisgeskiedenis gevra is. Hy het ook nie aan die isolasievoorskrifte voldoen nie.

Plaaslike owerhede het dit destyds verpligtend gemaak dat enigiemand wat uit ander provinsies na Ca Mau reis, hulself onmiddellik vir 21 dae moes afsonder. Tri het later positief vir Covid-19 getoets, en daar is gevind dat hy die virus aan lede van sy gesin sowel as personeel by ‘n welsynsentrum wat hy besoek het, oorgedra het. Tri is aan die einde van sy verhoor tot tronkstraf gevonnis en is ook ‘n boete van R12 626,14 ($880) opgelê.

LEES OOK: Plaasaanval – boer doodgeskiet, seun gewond

LEES OOK: Ma soek na 24 jaar steeds na vermiste seun

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *