September 16, 2021

Plaasaanval – boer doodgeskiet, seun gewond

Estelle Buchner het na bewering probeer om haar man en seun te beskerm.

OOS-KAAP. – ‘n Boer, Werner Buchner (55), is gisteraand doodgeskiet tydens ‘n plaasaanval op sy melkplaas Boslaagte, naby Nanaga in die Sarah Baartman-distrik plaasgevind het.

Stemgrepe oor die voorval is gisteraand op noodgroepe gedeel. In die stremgrepe word daar gesê omliggende paaie is dadelik gesluit om moonlike verdagtes vas te trek.

Agri Oos-Kaap het in ‘n verklaring gesê Buchner Sr. is in die rug geskiet en sy seun Buchner Jr. is ook tydens die voorval gewond. Buchner Sr. is op die toneel dood.

Niemand in hegtenis na boer doodgeskiet is

“Estelle Buchner het na bewering probeer om haar man en seun te beskerm. Die verdagtes het haar glo geskop en geslaan. Estelle en Buchner Jr. is na ‘n hospitaal in Gqeberha vervoer vir behandeling, waar Werner Jr. ‘n operasie ondergaan het en nou in ‘n stabiele toestand is,” lui die verklaring verder.

Die rede vir die aanval is onbekend. Twee selfone en ‘n onbekende bedrag geld word glo uit die huis vermis.

Die polisie se honde-eenheid en boere van omliggende areas was almal gisteraand op die toneel om te help. Geeneen van die verdagtes is al in hegtenis geneem nie.

LEES OOK: Ma soek na 24 jaar steeds na vermiste seun

LEES OOK: Fetus en nageboorte in plastieksak in yskas glo eers dae later aangemeld

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *