September 20, 2021

Voormalige polisieman aangekla vir kinderpornografie, dood

“Ek voel dat daar na die stelsel van misdade soos hierdie gekyk moet word, aangesien dit nie so lank kan duur met soveel vertragings nie.”

Die voormalige polisieman se seun het afgekom op verskeie pornografiese videos van kinders, insluitend homself

Die voormalige polisieman se seun het afgekom op verskeie pornografiese videos van kinders, insluitend homself Foto: Child safe

KAAPSTAD.- ‘n Voormalige polisieman van ‘n polisiestasie in Kampsbaai, wat van die besit van kinderpornografie en onsedelike aanranding aangekla is,is Dinsdag dood in sy woning in Vredehoek aangetref. Die voormalige polisieman se seun het die klag teen hom ingedien.

Volgens IOL was Zbiegniew Andrzej Weclaw (65) vir 30 jaar in die polisiediens waarvan hy 21 jaar as stasiebevelvoerder gedien het.

Weclaw se seun, Daniel Clifford Weclaw (40) het verlede jaar ‘n klag teen sy pa ingedien. Hy is in November 2020 gearresteer, maar is intussen op borg vrygelaat.

Die voormalige polisieman se seun het afgekom op verskeie pornografiese video’s van kinders, insluitend homself

Daniel het ‘n klag teen Weclaw ingedien nadat hy op verskeie pornografiese video’s afgekom het. Die video’s was meestal van jong seuns en van hulle is deur Weclaw self verfilm. Daniel is een van die seuns in die video’s.

Daniel sê hy was seksueel mishandel deur sy pa vanaf die ouderdom van ses jaar tot en met die einde van laerskool. ‘n Arrestasiebevel is teen Weclaw uitgereik nadat hy verlede Donderdag nie by die hof was nie.

Na die polisie talle male probeer het om by Weclaw se woning in te gaan, het die instandhoudingsbestuurder vir Daniel gesê hy glo sy pa is in die woning. Hy het toe ‘n foto vir Daniel gestuur waar sy pa dood in die bad lê, met al sy klere aan.

“Ek het geweet dit is hy en het dadelik die aanklaer en die polisie gekontak en geëis dat hulle toegang tot die woonstel kry.” Die aanklaers het Weclaw dood in die bad gekry en sê hy was al ‘n ruk lank dood.

‘n Nadoodse ondersoek sal bevestig waaraan die voormalige polisieman dood is.

“Ek het nie verwag dat dit sou gebeur nie, en ek is nou gevul met gemengde emosies,” sê Daniel.

Daniel sê hy wens dinge het nie so tot ‘n einde gekom nie en wens ook dat die saak afgehandel kon word sodat hy tot berusting kon kom met wat met hom gebeur het.

“Ek voel dat daar na die stelsel van misdade soos hierdie gekyk moet word, aangesien dit nie so lank kan duur met soveel vertragings nie.”

“Slagoffers gaan deur genoeg trauma. Ek voel dat die afgelope jaar sedert ek ‘n klag gelê het, baie traumaties en moeilik was, soms sonder antwoorde.”

“Ek is tans baie getraumatiseer, want my laaste herinnering aan my pa is hy wat dood in ‘n bad lê.”

Lees ook: Klag gelê na polisiebeampte glo wapen op tieners rig en beveel om petrol te drink

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *