September 19, 2021

Reeksverkragter gevonnis – 12 jaar lewenslank plus 300 jaar

Hy sou vroue ook van hul geld en selfone beroof en daarna verkrag.

12 jaar lewenslank plus 300 jaar vir reeksverkragter

12 jaar lewenslank plus 300 jaar vir reeksverkragter Foto: USA Today

GAUTENG. – Gift Mkhwanazi, ‘n reeksverkragter van Tembisa, is deur die hooggeregshof in Gauteng tot 12 keer lewenslange gevangenisstraf plus 300 jaar weens ‘n reeks verkragtings gevonnis. Dis verkragtings het almal tussen 2013 en Junie 2019 plaasgevind.

Mkhwanazi, wat die Beast of Tembisa genoem word, word aangekla van 104 aanklagte wat wissel van verkragting, ontvoering, die afvuur van ‘n vuurwapen, roof met verswarende omstandighede, aanranding en poging tot moord. Sy slagoffers, almal vrouens, is snags of vroegoggend op straat aangeval

.

Reeksverkragter gevonnis

Phindi Mjonondwane, polisiewoordvoerder, sê die vroue kon nie die oortreder identifiseer nie, aangesien hy hulle van agter af oorrval het, met ‘n vuurwapen of mes gedreig het en hulle in bosse of afgesonderde gebiede ingedwing het. Hy sou hulle dan ook van hul geld en selfone beroof en daarna verkrag.

Mkhwanazi is in hegtenis geneem na aanleiding van een van sy vriende wat in besit van een van die slagoffers se selfoon was. Hy is verder verbind deur middel van DNA wat op een misdaadtoneel gevind is. Die beskuldigde het getuig dat hy nie een van die getuies ken wat in die hof getuig het nie. Hy ontken verder dat hy die getuies ooit verkrag, ontvoer of beroof het en dat hy nooit ‘n mes of vuurwapen in sy besit gehad het nie.

LEES OOK: Bybel en mes op vermoorde vrou se liggaam gevind

LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *