September 23, 2021

Verdagtes vas oor hulle motoriste met metaalspykers in pad teiken

Die verdagtes het glo die metaalspykers in die pad gesit en dan die motoriste beroof as hulle gestop het om hul motor se pap band om te ruil.

Verdagtes vas oor hulle motoriste met metaalspykers in pad teiken (Foto: The South African Police Service, Facebook)

Verdagtes vas oor hulle motoriste met metaalspykers in pad teiken (Foto: The South African Police Service, Facebook)

Vier verdagtes is vas omdat hulle glo motoriste beroof het na hulle metaalspykers op die N1 en R101 in die pad gepak het.

Brighton Chauke (51), Paul Mudzingwa (47), Tshepiso Relela (32) and Percy Chauke (32) het Woensdag in die Mokopane-landdroshof verskyn op aanklagte van roof, die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie en die oortreding van die immigrasiewet.

‘n Reeks rooftogte het op die N1 en R101 plaasgevind. Die verdagtes het glo die metaalspykers in die pad gesit en dan die motoriste beroof as hulle gestop het om hul motor se pap band om te ruil.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo het die Mokopane-polisie dit reggekry om die vermeende kriminele op te spoor en hulle is in hegtenis geneem.

“Die verdagtes is in die besit van metaalspykers, ‘n vuurwapen en ammunisie, ‘n polisiebaadjie, selfone, horlosies, All Star-tekkies en ‘n skootrekenaar gevind,” sê Mojapelo.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *