OOS-KAAP. – ‘n Vrou (59) se vermoorde liggaam is met ‘n Bybel en mes op in ‘n plas bloed deur twee kinders in haar huis gevind.
Sers. Kaya Matola-Mvanyashe, polisiewoordvoerder, sê die oorledene het as assistent-verpleegster by die Ngolo-kliniek gewerk. Wanneer sy klaar gewerk is, het sy gewoonlik haar kleindogter (2) by die buurvrou gaan haal.
Vermoorde vrou het steekwonde aan haar lyf
“Op 5 September het sy nie die kind by die buurvrou gaan haal nie. Die buurvrou se 10-jarige kind het die tweejarige kind huis toe vergesel. Die twee kinders het toe die vrou se liggaam in ‘n plas bloed ontdek.
Volgens Matola-Mvanyashe is ‘n Bybel en ‘n mes bo-op haar liggaam gevind. Die vrou het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad.
Die polisie soek na die seun wat ook by die vrou woon. Die omstandighede van die voorval word tans ondersoek en ‘n saak van moord is geopen.
LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf
LEES OOK: Ma soek na 24 jaar steeds na vermiste seun
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



