KIMBERLEY.- ’n Drein wat in Krisanthof, Brockman Place, Beaconsfield, oorloop, maak inwoners siek.
Inwoners het aan FiND iT gesê hulle kan die reuk nie meer hanteer nie. Ou mense en jong kinders wat hier woon, moet elke dag lewe met rioolwater wat in hulle erf loop.
Hierdie probleem is al menigmale aan die Sol Plaatje-munisipaliteit gerapporteer. Ockie Fourie, DA-raadslid, het self al telkemale die munisipaliteit gekontak.
FiND iT het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.
LEES OOK: Elize: nie jou gewone raadslid



