September 19, 2021

KYK: Vermeende kapers steel bakkie binne 20 sekondes

Die voorval het na bewering op 3 September buite Hillclimb Cafe naby Pinetown plaasgevind.

KYK: Vermeende kapers steel bakkie binne 20 sekondes

KYK: Vermeende kapers steel bakkie binne 20 sekondes Foto: Skermgreep

KWAZULU-NATAL. – ‘n Video van onder 20 sekondes waarin vermeende kapers ‘n man se bakkie steel en daarmee wegry, word op sosialemediablaaie versprei.

Die video begin waar twee mans langs ‘n bakkie staan. Die een man, ‘n vermeende kaper, wys dan vir ‘n ander een, moontlik die voertuigeienaar, om na die agterkant van die bakkie te loop. Die vermeende kaper maak dan seker die man staan nie te naby nie.

Bakkie glo op 3 September gesteel

Die vermeende kaper dra ‘n gesigmasker en ‘n kep. Nadat die vermeende kaper die man van die motor wegwys, klim hy in die motor. Die motor ry dan weg.

Die voorval het na bewering op 3 September buite Hillclimb Cafe naby Pinetown plaasgevind.

LEES OOK: Bybel en mes op vermoorde vrou se liggaam gevind

LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *