Die polisie in Lebowakgomo het ‘n soektog geloods na die vermiste tienermeisie Petronella Sebake (15) wat in Augustus vermis geraak het.
Konst. Maphure Manamela, polisiewoordvoerder, sê Sebake woon in Ga-Mphahlele, Dithabaneng Village. Sy het glo haar huis op 29 Augustus verlaat sonder om vir enigiemand te sê waarheen sy op pad is.
Die polisie en haar familie het haar by vriende en familie gesoek, maar tevergeefs.
Sy het ten tye van haar verdwyning ‘n blou sweetpakbroek met pienk sandale aangehad.
Enigiemand met inligting oor waar sy is, kontak lt.-kol. Thomas Nyamamyawp Baloyi by 082 565 8234.



