September 19, 2021

Pastoor vas na ‘medisyne’ glo drie se dood veroorsaak

Hy en sy mede-pastoor sal na verwagting Vrydag in die Kahenge-landdroshof verskyn.

Pastoor vas na ‘medisyne’ glo drie se dood veroorsaak

Pastoor vas na ‘medisyne’ glo drie se dood veroorsaak Foto: watv.org

NAMIBIË. – ‘n Pastoor van die Victory-kerk in Kavango, profeet Engelbrecht Hamutenya (25), wat na bewering Woensdag gevlug het, is in hegtenis geneem na die dood van drie kerklede.

Polisiewoordvoerder Kauna Shikwambi het aan The Namibian gesê Hamutenya is Woensdag in Karukuvisa in die Kavango-Oos-streek in hegtenis geneem. “Daar is glo gevind dat hy mense in die dorp met “medisyne” behandel het.

The Namibian berig Hamutenya en sy assistent-pastoor (36) het na bewering ‘n “medisynemengsel” met spiritus, sout en asyn gegee.

Die “medisynemengsel” is toe glo rektaal deur ‘n pyp toegedien. ‘n Vierde gemeentelid wat ook na bewering die mengsel ontvang het, is in die hospitaal.

Hy en sy mede-pastoor sal na verwagting Vrydag in die Kahenge-landdroshof verskyn.

LEES OOK: Meisie met 11 skietwonde oorleef deur ‘dood te speel’

LEES OOK: Kyk, oomblik toe saamgroeiende tweeling mekaar vir eerste keer sien

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *