Kyk, oomblik toe saamgroeiende tweeling mekaar vir eerste keer sien

Deel hierdie storie / Share this story

ISRAEL. – Dokters het nog voordat die saamgroeiende tweeling in Augustus 2020 gebore is, beplan hoe die prosedure sal werk om die twee van mekaar te skei.

Die operasie was lewensgevaarlik en het 12 ure geduur. Na die operasie het verpleegsters die tweeling na mekaar geneem en hulle langs mekaar neergesit.

“Nadat die tweeling pas geskei was, het die verpleegsters die babas neergesit sodat hulle mekaar kon sien. Hulle het na mekaar gekyk, geluide gemaak en saggies aan mekaar gevat. Dit was pragtig. Jy kon sien hoe hulle met mekaar kommunikeer,” sê die dokter, ook die direkteur van die eenheid vir pediatriese intensiewe sorg by die Universiteit van Soroka.

Die dokter sê verder hy kan nie genoeg bekelmtoom hoe gevaarlik dié soort operasie is nie.

Video toe saamgroeiende tweeling mekaar sien:

LEES OOK: Bybel en mes op vermoorde vrou se liggaam gevind

LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.