September 23, 2021

Kinders stoot hond met ambulans-kruiwa na hulp oor bosluis

Monique Viljoen sê: “Dit is die hart wat die land teenoor diere nodig het!”

Tiger, is op 'n ambulans-kruiwa gelaai en so na die Community Led Animal Welfare (CLAW) geneem.

Tiger, is op 'n ambulans-kruiwa gelaai en so na die Community Led Animal Welfare (CLAW) geneem. (Foto: CLAW)

WES-KAAP. – ‘n Groep kinders het ‘n bosluis op hul geliefde hond gekry en besluit om dadelik hulp te gaan soek. Die hond, Tiger, is op ‘n ambulans-kruiwa gelaai en so na die Community Led Animal Welfare (CLAW) geneem. Dit alles ten spyte van die feit dat Tiger 100% in staat was om self soontoe te loop.

Die ambulans-kruiwa was baie dramaties

‘n Facebook-plasing op CLAW se blad lui as volg: “Hoeveel hande is nodig om Tiger vir bosluisbehandeling en “voorkoming” te bring?”
“Die drama was redelik onnodig, aangesien Tiger heeltemal in staat was om te loop, maar ‘n groot bosluis op haar rug het paniek veroorsaak, en daarom die ‘ambulans’.”

Charmyne van Pletzen het opgemerk: “Hierdie kinders is op die regte pad. Die manier waarop hulle hierdie hondjie behandel het, wys watter uitsonderlike mense hulle sal word as hulle almal groot is … om nou op hierdie jong ouderdom medelye te toon, sal hulle altyd bybly.”

CLAW het in die opmerkings geskryf die kinders het ver gestap vir die bosluis wat hulle op die hond gevind het.

Monique Viljoen sê: “Dit is die hart wat die land teenoor diere nodig het!”

Karen Lloyd het ook ‘n opmerking gelos: “Om jong kinders met hierdie deernis en empatie te sien, vernuwe die hoop vir die toekomstige generasie van SA. Seën hierdie lieflike seuns, hopelik vryf hul vriendelikheid en sorg af op ander.”

Lees ook: Henry kies sy eie naam en soek nog na ‘n huis(Opens in a new browser tab)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *