December 7, 2021

Henry kies sy eie naam en soek nog na ‘n huis

Ritta sê dit sal perfek wees vir Henry as ‘n aktiewe familie met kinders hom kan aanneem.

"Hy is vermoedelik so twee tot drie jaar oud en 'n kruising tussen 'n windhond en 'n whippet."

"Hy is vermoedelik so twee tot drie jaar oud en 'n kruising tussen 'n windhond en 'n whippet." (Foto: Rita)

Ritta Lubbe en haar suster, Linda het op die Kaapstad-pad buite Kimberley op ‘n arme weeshond afgekom. “Hy was uitgeteer en vol letsels.”

“Hy het ons genader so asof hy geweet het ons sal hom kan help. Hy was baie vriendelik, maar baie swak.”

Ritta vertel dat hulle die hond na ‘n veearts geneem het. Die veearts het bevestig dat behalwe vir die feit dat hy uitgeteer is en sy wonde, is hy reggemaak en in ‘n gesonde toestand.

“Hy is vermoedelik so twee tot drie jaar oud en ‘n kruising tussen ‘n windhond en ‘n whippet.”

Hy is tans op ‘n spesiale dieet geplaas en kry ook spesiale baddens om sy wonde te behandel.”

Ritta vertel sy het op ‘n lys van hondename afgegaan en die name hardop gesê. Die hond het op die naam Henry gereageer en het so sy eie naam gekies.

“Henry is ‘n sagte, spelerige seuntjie. “Hy is baie gehoorsaam en kom goed oor die weg met my ander honde.”

“Sover slaap hy nog elke aand baie goed. Hy soek net ‘n jassie en ‘n kombers, dan het hy vrede. ‘n Mens weet nie eers hy is daar nie, want hy blaf nooit nie.”

Ritta sê dit sal perfek wees vir Henry as ‘n aktiewe familie met kinders hom kan aanneem.

Ritta vertel verder dat Henry tans saam met haar en haar honde in hulle meenthuis woon. “Ek moet bieg, hy pas nogals goed aan in die klein omgewing.”

“Ek weet regtig nie wat gaan van Henry word as iemand hom nie aanneem nie, maar ek bid en glo dat hy die perfekte gesin sal vind. Tot dan kry hierdie weerlose siel al die liefde wat hy verdien.”

As enigiemand vir Henry ‘n liedevolle huis will gee, kan julle vir Ritta kontak by 082 565 0699.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *