September 24, 2021

Vrou reël glo huurmoordenaars om man en skoonma dood te maak

‘n Ondersoek na die moordverdagtes het dadelik begin.

Vrou reël glo huurmoordenaars om man en skoonma dood te maak

Vrou reël glo huurmoordenaars om man en skoonma dood te maak Foto: WJHG

ELLIOTDALE- ‘n Vrou (36) is een van ses verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die sameswering tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en moord op haar man en skoonma.

Kapt. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, sê die inhegtenisneming volg nadat ‘n 46-jarige man en sy ma (81) op Donderdag 9 September 2021 by hul huis in Mkatazo Village Kwanditya, Elliotdale doodgeskiet is. ‘n Soektog na die moordverdagtes het dadelik begin.

Man en skoonma vermoor

Die ondersoek het aan die lig gebring dat die vrou vermoedelik huurmoordenaars aangestel het om haar man en haar skoonma te vermoor. Die polisie het ook na bewering drie ongelisensieerde vuurwapens en 34 rondes lewende ammunisie gevind.

Die verdagtes, tussen 23 en 55 jaar, is daaropvolgens aangekla en moet binnekort in die Elliotdale-landdroshof verskyn.

LEES OOK: Bybel en mes op vermoorde vrou se liggaam gevind

LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *