September 28, 2021

Suurlemoentert – Marlene Schoeman

Marlene Schoeman, kookboekskrywer in die Vrystaat, deel met ons die resep vir ‘n lipleklekker suurlemoentert. Probeer dit gerus!

Kors:

1 pakkie Tennis-beskuitjies (fyngemaak)

3 eetlepels gesmelte margarien

Vulsel:

1 blik kondensmelk

3 ekstra groot eiers, geskei

80 ml suurlemoensap

Bolaag:

3 ekstra groot eierwitte

75 ml suiker

Metode:

Voorverhit oond tot 180°C.

Kors:

Meng fyn koekies en gesmelte margarien en druk egalig in tertbak vas.

Vulsel:

Meng kondensmelk, eiergele en suurlemoensap deeglik en skep in kors.

Bolaag:

Klits eierwitte tot sagte punte en voeg suiker geleidelik by tot styf.

Skep geklitste eierwitte op vulsel en maak punte met vurk gelyk.

Bak sowat 10-12 minute tot goudbruin.

Laat eers heeltemal afkoel voordat dit voorgesit word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *