September 19, 2021

Beampte ontslaan na hy glo moordverdagte swanger maak

Die provinsiale kommissaris van Noordwes, lt.genl. Sello Kwena, het gesê onetiese gedrag, wat tot die oneer van die Suid -Afrikaanse polisiediens lei, sal nie geduld word nie.

Beampte ontslaan na hy glo moordverdagte swanger maak

Beampte ontslaan na hy glo moordverdagte swanger maak Foto: Michigan Radio

POTCHEFSTROOM. – ‘n Polisiebeampte in Noordwes is tydens ‘n departementele verhoor ontslaan nadat hy na bewering ‘n moordverdagte swanger gemaak het.

Die vrou is sedertdien tot 30 jaar tronkstraf weens moord gevonnis. Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het die voorval na bewering by die Stilfontein-polisiekantoor se aanhoudingselle in Oktober 2020 plaasgevind.

Beampte maak glo moordverdagte van Rooigrond- korrektiewe sentrum swanger

“Die vrou is voor haar hofverskyning uit die Rooigrond- korrektiewe sentrum na die Stilfontein-aanhoudingselle geneem. In Maart 2021 het sy ontdek dat sy swanger is en korrektiewe dienste het die voorval by die polisie aangemeld.”

Geen strafregtelike saak is teen die beampte aanhangig gemaak nie. Die provinsiale kommissaris van Noordwes, lt.genl. Sello Kwena, het gesê onetiese gedrag, wat tot die oneer van die Suid -Afrikaanse polisiediens lei, sal nie geduld word nie.

LEES OOK: Pitbull boet met sy lewe toe aanvallers op huis toeslaan

LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *