September 16, 2021

Man sukkel vir ’n maand om sy voet te laat spalk

Hy het vertel dat sy voet na alle kante kan draai, want dit is basies
deur die kar se wiel afgery.

Man sukkel vir ’n maand om sy voet te laat spalk

Man sukkel vir ’n maand om sy voet te laat spalk

“Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom?”

Wat ‘n gebed van ‘n familie aan hul hulpelose geliefde wat in armoede
en met pyne worstel. Dit, na ‘n ongeluk wat hom letterlik teen die
grond het.

Boonop is personeel by die Matjieskloof-kliniek, buitekant, Springbok,
glo traag om aan Neil Cockrill (49) pynpille en medikasie te voorsien.

Volgens sy oom, Raphael Cockrill, was Neil, reeds op Maandag 15
Augustus 2021 deur ’n motor raakgery. Hy was net een aand in die
Springbok-hospitaal, waar hulle vasgestel het dat sy voet op drie
plekke gebreek is.

Hierna was hy ontslaan en meegedeel om eers te wag tot 13 Oktober.
Dan sal hy deur ’n  spesialis op Upington (400km ver) geopereer word.


Raphael sê: “Ek en my vrou, Evelyn, het intussen probeer om vroeër ’n datum vir hom
te kry by die spesialis. Ons het toe ‘n afspraak by die spesialis vir
die 8 September gekry. Die klinieksuster het egter vergeet om ’n
bespreking by die ambulans te maak.”

Dieselfde suster(aan FiND iT bekend) by die Matjieskloof-kliniek het
blykbaar ’n tweede keer vergeet om by die ambulans ‘n bespreking vir Neil,
te maak.

Ook het ’n dokter(aan FiND iT bekend) by die Springbok-hospitaal,
aanvanklik vergeet om ’n datum op sy verwysingsbrief te plaas. Dit word
benodig vir ’n geleentheid met die ambulans.

Toe die joernalis by Neil se plek, waar hy alleen woon, opdaag, het ’n
treurige en armoedige toneel hom begroet.

Neil het op ’n koue sementvloer, onder twee komberse gelê. Die woning
is sonder elektrisiteit en ander noodsaaklike geriewe. Sy gebreekte
voet lyk soos ’n gedraaide stuk vleis wat net met ’n wit verband
verbind is.

Neil het kreunend gesê: “Ek was besig om tussen geparkeerde karre te loop in die hoofstraat.
Hierna het een van die karre eers oor my been gery. Toe die bestuurder
dit opmerk, het hy reverse en weer oor my been gery.”

Volgens Neil wou die bestuurder weer vorentoe ry om blykbaar weg te
jaag. Gelukkig het iemand dit gesien en hom gestop, anders sou hy vir
die derde keer oor sy been gery het.

Hy het vertel dat sy voet na alle kante kan draai, want dit is basies
deur die kar se wiel afgery. Hy verduur baie pyn en kan nie beweeg
nie, volgens hom. Ook mag hy nie eens op ‘n rystoel gehelp word nie,
behalwe deur hospitaalpersoneel.

Intussen is Raphael en sy vrou, Evelyn, rasend omdat Neil nie by die
spesialis kan uitkom nie. Ook het die kliniek nog nie weer van
hulle laat hoor nie.

Ten spyte van vele oproepe het niemand die foon by die
Matjieskloof-kliniek geantwoord nie.

Die Springbok-hospitaal het, op vrae aan hulle gestel, teen druktyd
geen kommentaar gelewer nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *