September 23, 2021

Vrou verkrag, verwurg tydens rygeleentheid

Nkosi het toe haar lewelose liggaam in ‘n oop veld gegooi en van die toneel gevlug.

Vrou verkrag, verwurg tydens rygeleentheid

Vrou verkrag, verwurg tydens rygeleentheid Foto: Paysinger Law, PC

NELSPRUIT. – Sbusiso Nkosi (36) is deur die Mpumalanga-afdeling van die hooggeregshof gevonnis ná hy skuld beken het op aanklagte van moord en verkragting na hy ‘n vrou ‘n rygeleentheid aangebied het.

Die hof het gehoor dat Simelane op 5 September 2020 ‘n rygeleentheid by Nkosi by ‘n drankwinkel gekry het. In plaas daarvan om haar huis toe te neem, het hy ‘n ander roete geneem na ‘n afgesonderde gebied naby die R36-pad. Hy het haar toe verkrag en in sy voertuig verwurg.

Man wat rygeleentheid aanbied, gooi liggaam in veld

Nkosi het toe haar lewelose liggaam in ‘n oop veld gegooi en van die toneel gevlug. Die volgende dag het hy besef dat hy haar selfoon in sy motor het en dit in ‘n rioolpyp gegooi.

Simelane se gesin het intussen besef dat sy nêrens te vinde is nie en het haar as vermis by die polisie aangemeld. Haar lyk is daarna op 6 September 2020 langs die R36-pad ontdek. Die polisielede by Breyten het ‘n ondersoek begin wat hulle na ‘n verdagte gelei het. Hy is skuldig bevind en gevonnis.

Die beskuldigde is tot twee keer lewenslank tronkstraf gevonnis vir onderskeidelik die moord en verkragting en ‘n bykomende drie jaar gevangenisstraf weens diefstal. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

LEES OOK: 63-jarige in huis gevind, moontlik verkrag en vermoor

LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *