September 24, 2021

Vermiste twee sussies se liggame langs mekaar gekry

Mojapelo sê verder ‘n geregtelike doodondersoek is geopen. Die polisie gaan die saak ondersoek om te bepaal wie vir die beweerde moorde verantwoordelik is. ‘n Nadoode ondersoek sal ook die rede vir die twee sussies se dood bepaal.

Vermiste twee sussies se liggame langs mekaar gekry

Vermiste twee sussies se liggame langs mekaar gekry Foto: SAPS

LIMPOPO. – Die twee sussies, Kamogelo Raphasha (7) en Tshegofatso Raphasha (6), wat laas op 23 Augustus 2021 omstreeks 17:45 gesien is, se liggame is in ‘n veld gevind.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê ‘n voetganger het op die liggame afgekom. “Hulle liggame het langs mekaar gelê en het reeds begin ontbind.”

Sussies se liggame gevind

Mojapelo sê verder ‘n geregtelike doodondersoek is geopen. Die polisie gaan die saak ondersoek om te bepaal wie vir die beweerde moorde verantwoordelik is. ‘n Nadoode ondersoek sal ook die rede vir die twee sussies se dood bepaal.

FiND It het vroeër berig daar word beweer dat die kinders op die betrokke dag saam met ‘n familielid uitgegaan het en sedertdien nooit weer huis toe gegaan het nie. Hulle het bruin-en-kakie sweetpakke aangehad.

LEES OOK: 63-jarige in huis gevind, moontlik verkrag en vermoor

LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *