MTHATHA. – Die polisie soek die hulp van die gemeenskap om die verdagte op te spoor nadat ‘n 63-jarige na bewering verkrag en vermoor is.
Die vrou is glo binne-in haar huis verkrag en vermoor. Die polisie is deur die familie en die gemeenskap van die voorval ingelig en ontbied.
“Met die polisie se aankoms, is ‘n bejaarde vrou op haar matras gevind. Haar mond was met ‘n serp bedek en haar hande met elektriese kabels vasgebind,” sê brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder.
Genl.-maj. Zithulele Moses Dladla, waarnemende provinsiale kommissaris, het die wrede moord op die bejaarde vrou veroordeel en ‘n beroep op die ondersoekers gedoen om vinnig op te tree sodat diegene daarvoor verantwoordelik in hegtenis geneem kan word.
‘n Saak van moord en verkragting is geopen vir ondersoek. Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagte kan lei, moet die Mthatha- sentrale polisiekantoor by 071 475 1871 of die Stop Misdfaad-nommer 086 00 10111 kontak.
LEES OOK: Pitbull boet met sy lewe toe aanvallers op huis toeslaan
LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



